SA Vlaamperd Beoordeelaarskursus 2015

Beoordeelaarskursus 2015
Begin Datum: 11 Apr 2015 - Plek: Porterville

Die S.A. Vlaamperdtelersgenootskap het ‘n baie suksesvolle beoordeelaarskursus gehad, die 11 April 2015, te Porterville. 

Mnr Hugo Visser en Braam Lochner was die aanbieders van die kursus en het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt.  Braam het die Etiese kode, pligte en vereisters van ‘n beoordeelaar aangebied, en Hugo die Skoureëls, en daar is veral klem gelê op die praktiese sy van die reëls, m.a.w. daar was baie perde op die baan, waar die kursus- gangers direkte lesings kon kry, van hoe jy ‘n perd aan die hand beoordeel, Hingste en Merries apart, en natuurlike in die karretjies ook soos enkeltuig siertuig, dubbeltuig, tandem en vierperde.  Daar het ‘n goeie gees geheers en dit was lekker om te sien hoe almal die dag geniet, om genoeg kennis in te samel  en  heerlike eetgoed te geniet.

Daar was 90 kursusgangers waarvan 25 die eksamen afgelê het.

Ons President Martin Eksteen en sy Raad wil ieder en elk  bedank vir die goeie opkoms.
 

Beoordelaarskursus-1 -

 

Beoordelaarskursus-2 -

 

Beoordelaarskursus-3 -

 

Beoordelaarskursus-4 -

 

Beoordelaarskursus-5 -

 

Beoordelaarskursus-6 -

 

Beoordelaarskursus-7 -

 

Beoordelaarskursus-8 -

 



Gebeure Indeks  Opkomende Gebeure  Terug Na Bo

© Suid Afrikaanse Vlaamperdtelersgenootskap. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Suid Afrikaanse Vlaamperdtelersgenootskap.