SA Vlaamperd Skou Reels

SA Vlaamperd Skou Reels


HANDPERD, TUIGPERD EN RYPERD

 

Waarna kyk die beoordeellaar:

 

Dit help vorm aan daardie belangrike blywende eerste indrukke in die arena. Semetries afgerond en swierig. Been skoon en vas, aanduiding van n sterk skelet, senings opvallend. Blink haarkleed en fyn vel. Algehele afwesigheid van lompheid.Trots en vurig.

Stert moet lank en van goeie kwaliteit wees. Hoewe moet gesond wees.

 

Beweging van die vlaamperd:

 

Stap: Elasties, vinnig en ewewigtig en Platvoet.

Draf: Lig op die grond met hoë rol aksie voor, met goeie spoed en ‘n goeie verhouding tussen voor en agter aksie. Agterbene moet goed onder die lyf inwerk en gewig van die voorkwart wegneem.

Galop: Gemaklik en beheerbare galop by ryperde.

Perd moet in die galop met die regte been lei .(Binnebeen aan die baan se kant)

Perd moet nie styl verloor nie.

Teelklasse

Teelklasse sal beoordeel word volgens rasstandaarde. In dieTeelklasse moet daar baie streng gekyk word na diere se bouvorm en hoogte van die perd, Senior Klasse:

Hingste   15 – 16 hand

Merries  14.3 – 16 hand.         

Beweging kan aangewerk word, maar bouvorm nie.

 

ALGEMENE VOORKOMS

  • Perd moet skoon en netjies wees.
  • Ore moet skoon gemaak wees van oortollige hare.
  • Hare onder kakebeen moet skoon geskeer wees.
  • Maanhare kort gesny of kam geskeer.    
  • Mag nie gelyk geknip wees nie.
  • Glans middel mag gebruik word.
  • Hoewe moet netjies beslaan wees.
  • Leersole (pads) mag gebruik word.
  • Hoewe moet swart wees, verkieslik gepolitoer;
  • Alle wit kolle/merke moet verbloem wees met die aanvang van die skou sowel as vir die duur van die skou vir eenvormigheid.
  • Ongewensde gedrag van die perd en vertoner op die baan sal nie toelaatbaar wees nie.
     

2. ALGEMENE FOUTE

  • Perd dek nie grond nie.
  • Perd konsentreer nie.
  • Perd wat gespanne is se treë word kort en onreëlmatig.
  • Perd wat sy kop skeef dra.
  • Perd se kop profiel te ver voor of agter die vertikaal.
  • Perd wat nie kop hoog genoeg dra nie.
  • Perde mag nie op ‘n draai beoordeel word nie.
  • Foutiewe inspan praktyk.
  • Enkel-as karre wat nie in balans is nie.
  • Vuil wielnawe.
  • Ongebalanseerde horrelwiel.
  • Alle Klasse:   Ontvang pryse antikloksgewys, Pronkrondte ry Kloksgewys.
  • Peitse:   Perde Mag net aangehits word, maar nie geslaan word, hetsy in die baan of in die versamelring nie.
     

3. KLASSE

(a)  TEELKLASSE

  1. Slegs een leier en een helper per perd sal toegelaat word.
  2. Slegs ‘n peits met ‘n tossel van lint (Geen Plastieksak) waarvan die lint nie langer as 15cm is nie, word toegelaat.
  3. Vullens onder 12 maande word met n fyn leihalter vertoon sonder trens of stang.
  4. Alle perde bo 12 maande word met n fyn leitoom met n trens of stang, waarmee die perd beheer kan word en gemaklik is, vertoon.
  5. ‘n Leiset mag gebruik word vir perde bo 12 maande.
  6. Teelklasse sal in ouderdoms- en geslagsgroepe vertoon word.
  7. Vullens onder 12 maande mag beslaan wees voor.
  8. Perde bo 12 maande moet voor beslaan wees.

(b)  TUIGKLAS

1.Kar: Die volgende tipe rytuie mag gebruik word:  

  1. Vierwiel spider met ligte rubber bande.
  2. Ligte moderne vierwiel spider met fiets bande soos bv. “aasvoël”.
  3. Tradisioneel antieke karre en “spiders” of replikas daarvan.
  4.  Alle karre moet in goeie toestand en skoon wees.
  5. Wiele moet gebalanseerd wees.

2. Tuig:

  1. Tuie moet skoon en netjies wees.
  2. Tuie moet die perd goed pas.
  3. Slegs leer tuie mag gebruik word.

3. Toom:

  1. Dit moet so gestel word sodat dit netjies aan die perd se kop pas. (As dit te styf gestel is, trek dit die stang te hoog op. As dit te los gestel is, trek die wangstukke bak as die leisels getrek word.)
  2. Trense, stange en skelmtrense waarmee die perd gemaklik is, is toelaatbaar.     
                                            

4. BEOORDELING VAN TUIGKLASSE

(a)ENKELTUIG

Volgorde van die klas: Perde kom die baan binne antikloksgewys op ‘n werksdraf, daarna word gevra vertoon jou perd (“drive on”), perde word terug gebring na ‘n werks draf en dan word van rigting verander en die volgorde herhaal en tree dan aan.

Waarna kyk die beoordeellaar: S A Vlaamperd trek met vlugvoetigheid en met hoë spoed sonder om styl te verloor. Hoë rol aksie voor, agterbene wat goed onder die lyf inwerk.
1

  1. Daar word gevra om die perde te vertoon, m.a.w. die perd moet met spoed en styl vertoon word. Styl mag nie ingeboet word vir spoed nie, maar daar moet ‘n duidelike verskil tussen die werksdraf en vertoon draf wees.                 
  2. Standaard enkeltuig of volbroek tuig word gebruik. Ophaler, springteuels (running martingale) en stertriem is opsioneel.
  3. Ophaler en Afhaler (standing matingale) mag nie saam gebruik word nie, net afsonderlik.
  4. Koetsier moet ‘n peits in die hand of in die peitskoker hê.
  5. Geen assistent op die kar.
  6. Dames mag in ope klas hingste dryf.
  7. Indien ‘n perd ‘n yster sou verloor sal dit gesien word as ‘n diskwalifikasie en sal die vertoner en perd van die baan verskoon word.
  8. Koetsier moet geklee wees in standaard vlaamperddrag.
  9. Assistente wat die perd en koetsier in die aantreelyn bystaan moet geklee wees in standard vlaamperddrag of assistente drag.
     

(b)      SIERTUIG

Volgorde van die klas: Perde kom die baan binne antikloksgewys op ‘n pronkdraf en word dan gevra om van rigting te verander, gaan voort op ‘n pronkdraf en tree dan aan.

Waarna kyk die beoordeellaar: Die Vlaamperd trek met swier en styl in die siertuig. Hoë been aksie voor en agter met agterbene wat goed vorentoe dryf. Spoed mag nie te vinnig wees nie.
 

  1. Standaard enkeltuig of volbroek tuig word gebruik. Ophaler, springteuels (running martingale) en stertriem is opsioneel.
  2. Ophaler en Afhaler (standing matingale) mag nie saam gebruik word nie, net afsonderlik.
  3. Koetsier moet ‘n peits in die hand of in die peitskoker hê.
  4. Geen assistent op die kar.
  5. Dames mag in ope klas hingste dryf.
  6. Indien ‘n perd ‘n yster sou verloor sal dit gesien word as ‘n diskwalifikasie en sal die vertoner en perd van die baan verskoon word.
  7. Koetsier moet geklee wees in standaard vlaamperddrag.
  8. Assistente wat die perd en koetsier in die aantreelyn bystaan moet gekleer wees in standard vlaamperddrag of assistente drag.
     

(c)      SIERTUIG VERTOON DEUR ‘N 12 JAAR EN ONDER / 18 JAAR EN ONDER

Volgorde van die klas: Perde kom die baan binne antikloksgewys op ‘n pronkdraf en word dan gevra om van rigting te verander, gaan voort op ‘n pronkdraf en tree dan aan.

Waarna kyk die beoordeellaar: Die Vlaamperd trek met swier en styl in die siertuig. Hoë been aksie voor en agter met agterbene wat goed vorentoe dryf. Spoed mag nie te vinnig wees nie. Perde, moenie onbeheerbaar wees vir ‘n kind nie.
 

  1. Reëls dieselfde soos by Siertuig.
  2. Geen hingste, slegs merries of reuns
  3. Dames koetsiers moet verkieslik stylvol, semi-formeel geklee wees of in standard vlaamdrag
  4. Mans koetsiers moet in standaard vlaamdrag geklee wees
  5. Handskoene is opsioneel.
  6. Indien ‘n perd ‘n yster sou verloor sal dit gesien word as ‘n diskwalifikasie en sal die vertoner en perd van die baan verskoon word.
  7. Assistente wat die perd en koetsier in die aantreelyn bystaan moet geklee wees in standard vlaamperddrag of assistente drag.
  8. Hierdie klas is ‘n kinderkampioenskap.
     

(d)      DAMES SIERTUIG

Volgorde van die klas: Perde kom die baan binne antikloksgewys op ‘n pronkdraf en word dan gevra om van rigting te verander, gaan voort op ‘n pronkdraf en tree dan aan.

Waarna kyk die beoordeellaar: Die Vlaamperd trek met swier en styl in die siertuig. Hoë been aksie voor en agter met agterbene wat goed vorentoe dryf. Spoed mag nie te vinnig wees nie. Die perd moet soos die woord beskryf, ‘n dames siertuigperd, maklik   beheerbaar en gedissiplineerd wees sonder om enige styl in te boet.
 

  1. Geen hingste, slegs merries of reunperde mag gedryf word.         
  2. Dames moet verkieslik geklee wees in netjiese, semi-formele drag, Standaard Vlaamdrag is ook toelaatbaar.
  3. Handskoene is opsioneel.
  4. Na 6nm mag aandrag aangetrek word.
  5. Indien ‘n perd ‘n yster sou verloor sal dit gesien word as ‘n diskwalifikasie en sal die vertoner en perd van die baan verskoon word.
  6. Assistente wat die perd en koetsier in die aantreelyn bystaan moet geklee wees in standard vlaamperddrag of assistente drag.
  7. Hierdie klas is ‘n kampioenskap op sy eie, dus kan die perd nie hier kwalifiseer vir Junior/Senior Siertuig kampioenskappe nie.
     

(e)   DAMES DUBBELTUIG / DUBBELTUIG VERTOON DEUR ‘N KIND 18 JAAR EN ONDER

Volgorde van die klas: Perde kom die baan in op ‘n draf, verander van rigting, gaan voort op ‘n draf en tree dan aan.

Waarna kyk die beoordeellaar: Perde moet ‘n eenheid vorm. Perde se spoed en aksie moet dieselfde wees. Koppe moet dieselfde hoogte gedra word. Koppe moet vertikaal gedra word. Een perd moet nie voor die ander perd trek nie. Beide perde se stringe moet styf bly. perde moet geskik wees vir ‘n dame om te hanteer.
 

  1. Reëls dieselfde soos by dubbeltuig.
  2. ‘n Manlike koetsier (Agtien jaar en ouer) moet as helper op die kar wees.
  3. Die helper mag slegs hulp verleen ingeval van nood, as die helper die koetsier moet help met die perde is dit ‘n diskwalifikasie, Die koetsier word dan as onbevoeg gesien om die perde te beheer en die perde as ongeskik vir ‘n dame om te vertoon.
  4. Die manlike hulp moet geklee wees in standard vlaamperddrag.
  5. Dames moet verkieslik geklee wees in netjiese, semi-formele drag, stylvol en van goeie smaak.
  6. Handskoene is opsioneel
  7. Na 6nm mag aandrag gedra word.
  8. Hingste mag gedryf word.
  9. Assistente wat die perd en koetsier in die aantreelyn bystaan moet geklee wees in standard vlaamperddrag of assistente drag.
  10. Indien ‘n perd ‘n yster sou verloor sal dit gesien word as ‘n diskwalifikasie en sal die vertoner en perd van die baan verskoon word.
  11. Hierdie klasse is direkte kampioenskappe, dus kan perde nie hier kwalifiseer vir Junior of Senior dubbeltuig kampioenskap nie.
     

(f)TANDEM

Volgorde van die klas: Perde kom die baan in op ‘n pronkdraf, verander van rigting, gaan voort op ‘n pronkdraf en tree dan aan.

As perde agtermekaar trek, perde “jack knife” en ruiter maak self die perde terwyl hy op die kar sit reg, of as ruiter sy hand opsteek en baanbeampte kom na hom (niemand van buite, tensy baanbeampte hulp vra), dan is dit nie ‘n diskwalifikasie nie.
 

Waarna kyk die beoordeellaar: Perde moet ‘n span vorm. Voorperd moet ‘n leier wees Aksie dieselfde soos by siertuig.

  1. Assistent mag agter koetsier sit, as assistant hulp verleen is dit ‘n diskwalifikasie.
  2. Indien ‘n perd ‘n yster sou verloor sal dit gesien word as ‘n diskwalifikasie en sal die vertoner en perd van die baan verskoon word.
  3. Die koetsier moet geklee wees in standaard vlaamdrag.
  4. Die helper/assistant op die kar mag geklee wees in assistant drag of standaard vlaamperddrag.                
  5. Ophalers mag gebruik word.
  6. Assistente wat die perd en koetsier in die aantreelyn bystaan moet gekleer wees in standard vlaamperddrag of assistente drag.

7. Stringe moet loop en speel in Tandem klas.
 

(g)     DUBBELTUIG

Volgorde van die klas: Perde kom die baan in op ‘n draf, verander van rigting, gaan voort op ‘n draf en tree dan aan.

Waarna kyk die beoordeellaar: Perde moet ‘n eenheid vorm. Perde se spoed en aksie moet dieselfde wees. Koppe moet dieselfde hoogte gedra word. Koppe moet vertikaal gedra word. Een perd moet nie voor die ander perd trek nie. Beide perde se stringe moet styf bly.  Karperde trek met styl en aksie, dit is nie ‘n resies nie.

  1. Ophalers en afhalers mag afsonderlik gebruik word.
  2. Standaard dubbeltuig word gebruik.
  3. Slegs persone bo 70jr, mag een helper op kar hê, mag nie hulp verleen nie, dan is dit ‘n diskwalifikasie.
  4. Koetsier moet geklee wees in standaard vlaamdrag.
  5. Assistente wat die perd en koetsier in die aantreelyn bystaan moet geklee wees in standard vlaamperddrag of assistente drag.
  6. Indien ‘n perd ‘n yster sou verloor sal dit gesien word as ‘n diskwalifikasie en sal die vertoner en perd van die baan verskoon word.       
     

(h) KOETSPERDE

Volgorde van die klas: Perde kom die baan in op ‘n draf, dan platvoet stap gaan voort op ‘n draf verander van rigting, stap, draf en tree dan aan.

Waarna kyk die beoordeellaar: Perde moet ‘n eenheid vorm. Perde se spoed en aksie moet dieselfde wees. Koppe moet dieselfde hoogte gedra word. Koppe moet vertikaal gedra word. Een perd moet nie voor die ander perd trek nie. Beide perde se stringe moet styf bly.  Karperde trek met styl en aksie, dit is nie ‘n resies nie. Koetsperde moet statig en nie te vinnig trek nie. Koetsperde moet kan platvoet stap.

  1. Slegs koetsier op die kar.
  2. Geen hulpmiddels mag gebruik word nie, soos ophaler of enige ander hulpmiddels.
  3. Slegs standaard dubbeltuig mag gebruik word.
  4. Koetsier moet geklee wees in standaard vlaamdrag.
  5. Assistente wat die perd en koetsier in die aantreelyn bystaan moet geklee wees in standard vlaamperddrag of assistente drag.
  6. Indien ‘n perd ‘n yster sou verloor sal dit gesien word as ‘n diskwalifikasie en sal die vertoner en perd van die baan verskoon word.
     

(j) VIERSPAN

Volgorde van die klas: Perde kom die baan in op ‘n draf verander van rigting, gaan voort op ‘n draf, en tree dan aan.

Waarna kyk die beoordeellaar: Vier perde moet ook ‘n eenheid vorm. Spoed en aksie moet dieselfde wees. Voorperde moet goed kan lei. Koppe moet vertikaal gedra word.

  1. Ophaler en Afhaler (standing matingale) mag gebruik word maar nie saam, slegs afsonderlik.
  2. Slegs ‘n koetsier, drywer en assisent mag op die kar wees.
  3. Een junior perd mag in vierspan trek, sonder om sy junior status te verloor.
  4. Merries trek apart, hingste en reunperde mag gemeng word.
  5. Indien ‘n perd ‘n yster verloor mag die vertoner voort skou en word nie as ‘n diskwalifikasie gesien nie.
  6. Assistente wat die perd en koetsier in die aantreelyn bystaan moet geklee wees in standard vlaamperddrag of assistente drag.
  7. Koetsier en drywer moet geklee wees in standaard vlaamdrag.
     

(j)AGTSPAN

Volgorde van die klas: Perde kom die baan in op ‘n draf, verander van rigting, gaan voort op ‘n draf en tree dan aan.

Waarna kyk die beoordeellaar: Spanne moet ‘n eenheid vorm.

1. 8-span: Kan gemeng wees (Hings, Merrie, Reuns en Juniors) indien spanne gemeng is, sal hulle saam in die Hings/Reun Klasse kompeteer.  Spanne wat uit Merries alleen bestaan sal in die Merrie klasse deelneem.

2.Junior en Senior Perde mag gemeng word in Senior Agtspanne.

3.Junior Agtspanne slegs Junior Perde.

4.Indien ‘n perd ‘n yster verloor mag die vertoner voort skou en word nie as diskwalifikasie gesien nie.

5.Wa-spanne mag sonder baadjies gedryf word, met toestemming Alle lede moet eenvormigheid.

6.Alle vertoners op die wa moet geklee wees in standard vlaamdrag of assistente wees in standard vlaamdrag of assistente drag.
 

(k) DRIEGANG-RYPERD / DRIEGANG-RYPERD VERTOON DEUR ‘N KIND 18 JAAR EN ONDER KAMPIOENSKAP KLAS

Volgorde van die klas: Perde kom die baan in op ‘n pronkdraf, daar word gevra vir ‘n stap daarna volg ‘n gallop. Perde word gevra om om te draai en dan word al 3 gange herhaal waarna die gevra word om aan te tree.

Waarna kyk die beoordeellaar: Perd moet al drie gange gemaklik kan doen. Draf selfde soos by siertuig perde, styl en aksie. Gemaklik en beheerbare gallop. Perd moet nie styl verloor nie.          

  1.  Die stap moet platvoet en gemaklik wees.
  2. Perd moet in die galop met die regte been lei.  (Binnebeen aan baan se kant)
  3. Saals kan gewone dubbel doel saals of plat saalperd saals wees.
  4. Geen cowboy saals, millitere saals of soortgelyke saals sal toegelaat word nie.
  5. ‘n Standaard enkel of dubbel toom met stange en trense waarmee perd gemaklik is mag gebruik word.
  6. Kinders 18jaar en onder mag met springteuls (martingale) skou.
  7. Ryperd klere drag moet gedra word deur die ruiter.
  8. Indien ‘n yster verloor word, word dit gesien as ‘n diskwalifikasie en sal die vertoner en perd van die klas verskoon word.
  9. Dit is ‘n kampioenskap klas.

 

(l)    Stap-Draf Ryperd/STAP DRAF RYPERD VERTOON DEUR KIND 12 JAAR EN ONDER/18 JAAR EN ONDER KAMPIOENSKAPKLASSE
 

Volgorde van die klas: Perde kom die baan inop ‘n pronkdraf, daar word gevra vir ‘n stap. Perde word gevra om om te draai en voort te gaan op ‘n pronkdraf. Daar word weer gevra vir ‘n stap, waarna die perde gevra word om aan te tree.

Waarna kyk die beoordeelaar: Perd moet al twee gang gemaklik kan doen. Draf selfde soos by siertuig perde, styl en aksie.

  1. Die stap moet plat voet en gemaklik wees.
  2. Saals kan gewone dubbel doel saals of plat saalperd saals wees.
  3. Geen cowboy saals, militêre saals of soortgelyke saals sal toegelaat word nie.
  4. ‘n Standard enkel of dubbel toom met stange en trense waarmee perd gemaklik is mag gebruik word.
  5. Kinders 18jaar en onder mag met springteuels (martingale) skou.
  6. Ryperd kleredrag moet gedra word deur die ruiter.
  7. Indien ‘n yster verloor word, word dit gesien as ‘n diskwalifikasie en sal die vertoner en perd van die klas verskoon word.
  8. Kinders onder die ouderdom van 18jr mag slegs in die Ryperd Kampioenskappe

deelneem indien hul kwalifiseer het in hul ouderdoms klas; word hulle nie toegelaat nie bv. as jy wen met ‘n perd, mag jy nie met dieselfde perd vir Senior Kampioenskap deelneem in nie.
 

5.KLEREDRAG
 

Ryperdkleredrag:

Saddle Seat Drag:  (Kentucky Rydrag)

  1. Swart hoed (Derby / Bowler / Homburg), wit hemp, vlaam das, lang maroen baadjie, swart kentuckybroek en swart skoene.
  2. Kinders 10 jaar en onder moet met ‘n harde swart hoed (Helmet) skou in die ryperd afdeling.
  3. Kinders 18 jaar en onder kan met ‘n swarthoed (Derby / Bowler / Homburg) of met ‘n harde swart hoed (Helmet) skou.
  4. Kouse mag nie uitsteek nie.
  5. Onderbaadjie moet wit swart of maroen wees.
  6. DAMES se hare moet in ‘n netjies bolla vasgemaak wees.
  7. Mans moet toepaslike hoof bedekkings dra.
  8. Geen laphoed of vlaamperdpet sal toegelaat word nie. 
  9. Kinders 18 jaar en onder sal toegelaat word om in enige kleur Kentucky baadjie te skou met swart ketucky broek.

Standard Seat Drag: (Engelse Rydrag)

Swart hoed, Helmet of Top hat, wit hemp, vlaam das, kort maroen baadjie, swart ryperd broek en lang swart boots, tot onder die knie.

Kleredrag vir dryf klasse op skoubaan (Standaard vlaamperddrag):

  1. Maroen vlaamperd baadjie, lank of kort, met SA Vlaam wapen, (Indien u ‘n Maroen “blazer” baadjie soek, by die klerewinkel “De Jagers” is.)
  2. Geen “windbrekers”.
  3. Wit hemp, vlaam das.
  4. Gewone stylvolle netjiese langbroek in konserwatiewe kleure.
  5. Geen denims nie.
  6. Bypassende skoene, geen tekkies.
  7. Toepaslike hoof bedekkings moet gedra word by mans en dames.
  8. Geen laphoed of vlaamperdpet sal op ‘n rytuig of ‘n ryperd toegelaat word nie. (Vlaamperd pette is slegs vir helpers.)
  9. Baadjies: Indien die meerderheid van die Raadslede te same met die betrokke skou se baanmeester besluit om sonder baadjies te ry sal dit as ‘n skoureël hanteer word, en by die versamelring afgekondig word. Dit sal die eienaar van die Perde se verantwoordelikheid wees om toe te sien dat sy of haar vertoners reg geklee is. 

Assistente/helpers kleredrag op skoubaan:

  1. Wit hemp.
  2. Vlaam das.
  3. Vlaam pet.
  4. Gewone stylvolle netjiese langbroek in konserwatiewe kleure.(geen denims)
  5. Donker skoene of donker tekkies.
  6. In koue toestande mag assistente maroen windbrekers aantrek, maroen truie of maroen “pull overs”.
     

6.ONTOELAATBAAR:
 

  1. Enige vorm van dwelms (dope). Slegs met voorskrif van die veearts. (Bloedtoetse mag gedoen word.)
  2. Gemmer mag nie gebruik word nie.
  3. Enige vorm van mishandeling of wreedheid teenoor die perd hetsy in die vorm van chemise middels of ander toebehore in die stal of baan op die skou sal onder die bestuur se aandag gebring word en daar sal dienooreenkomstig teenoor die eienaar van die perd opgetree word. (bv. baba olie in oë ens.)
  4. Spyker planke.
  5. Vals leisels.
  6. Geen lang maanhare in Vlaam klasse nie.
  7. Geen SA Vlaamperd eienaars op baan tydens beoordeling nie, slegs die wat deelneem.
  8. Perde in baan wat skop: Perde in tuig- en ryklasse wat skop onder beoordeling sal gediskwalifiseer word.  
  9. Skop in Handklasse, is nie ‘n diskriminasie, maar hand uitruk in handklasse is ‘n diskwalifikasie.
  10. Indien ‘n ruiter afval van karretjie of perd se rug is dit ‘n diskwalifikasie.
  11. Perde wat weghardloop in ry- en tuigklasse is ‘n diskwalifikasie.
  12. ‘n Beoordeelaar mag nie diskrimineer teen toelaatbare hulpmiddels nie.  Ontoelaatbare hulpmiddels is ‘n onmiddelike diskwalifikasie.
  13. Geen assistente mag nie tydens die pronkrondte agter op die karretjies sit nie.
  14. As geregistreerde perde in OPE klas skou en die eienaar van die perd is nie

‘n lid van die Genootskap nie, mag hy nie met ‘n Vlaamperdwapen skou op sy klere nie.
 

7.ALGEMENE SKOUREËLS
 

  1. Alle Perde by skoue moet gemikroskyf wees, Perde onder twee en ‘n half jaar sal met Vulboek sertifikaat skou, m.a.w. ongekeur; indien die vader van die vul ge-CEM toets is.   Perde bo twee en ’n half jaar moet ‘n sertifkaat besit of gekeur wees of toestemming van die kantoor.
  2. Perde is onder beoordeling sodra die perd die baan binne kom.
  3. Bloedreël: Wanneer bloed (vars) aan die perd gesien word gedurende ‘n klas, deur die baanmeester of beoordellaars, sal dit onmiddelike diskwalifikasie wees en die vertoner sal deur die baanmeester ingetrek word en gevra word om die klas te verlaat. Indien die bloed egter eers in die aantreelyn gesien word beteken dit die klas is reeds verby en sal die perd geplaas word maar nie aan die pronkrondte deelneem nie.  
  4. Ongewenste metodes, gebruike of gedrag in die baan is ontoelaatbaar en is ‘n diskwalifikasie. (Hierdie diskwalifikasie word bepaal deur die baanmeester se deskresie)
  5. Geen boetes mag betaal word om aan kampioenskappe deel te neem nie.
  6. Alle perde moet kwalifiseer vir spesifike kampioenskappe in die beskikbare klasse, slegs indien daar geen kwalifiseerende klasse is, kan uitsonderings gemaak word.
  7. Perde onder die ouderdom 3jr mag nie onder 5jr skou indien daar klasse is vir 3jr en onder nie.
  8. Junior perde mag slegs aan senior kampioenskappe deelneem, indien die perd in die senior klas gekwalifiseer het indien wel sal die perd sy/haar junior status verloor vir daardie skou.
  1. Indien daar nie ‘n junior kampioenskap is nie, mag hy aan die senior kampioenskappe deelneem sonder om sy/haar junior status te verloor.
  2. Junior perde sal in senior tandem en senior dubbeltuig toegelaat word, maar verloor dan sy/haar junior status vir die res van daardie skou.
  3. Indien ‘n Junior perd in Senior Klasse deelneem, verloor hy/sy Junior status vir daardie spesifieke skou. Op die volgende skou sal die perd weer sy/haar Junior status hê. Behalwe soos by die Vierspan uiteengesit in skoureëls. Junior perde mag in agtspanne trek, sonder om Junior status te verloor. Junior is ouer as 12 maande en onder 5jr. Senior perde is 5 jaar en oor.
  4. Die ouderdom wat ‘n perd op die 1ste van die maand is, sal sy ouderdom wees vir die res van die maand, bv wanneer ‘n perd 3jr oud is op die 1ste en 4jr oud word op die 15de sal daardie perd as 3jr oud gesien word tot op die laaste dag van daardie spesifieke maand.
  5. Op nasionale kampioenskappe skou merries en hingste apart, maar kompeteer saam vir die groot kampioenskap van die skou. Streekskoue sal op meriete gehanteer word afhangend van die aantal perde verteenwoordig.
  6. Enige plek waar Vlaamperde, as ‘n Vlaamperd vertoon word, sal die perd onder die reëls van die Genootskap skou, geen uitsondering vir kleiner skoue. Vergunning kan slegs deur meerderheids besluit van Raadslede goedgekeur word.
  7. Koetsiers moet daarop let dat helpers nie op karre klim, voordat die baanverlaat is nie.
  8. Koetsiers mag nie omruil vir die pronkronde nie.  Slegs Eregas mag saam ry vir pronkronde.
  9. By alle skoue kom die perde die baan binne teen die horlosie, kom haal sy prys teen horlosie en draai dan om en ry sy pronkronde saam met die horlosie uit.
  10. Hoeflengte 13cm, vanaf die haarlyn tot onderpunt van yster.
  11. Indien ‘n perd ‘n yster in ‘n klas trap, maar dit word eers in die aantreelyn gesien, sal hy soos normal geplaas word, maar sal nie deelneem aan die pronkronde nie. Indien, hy wel ingetrek word in die klas sal hy nog steeds aan Kampioenskap mag deelneem sonder om weer inskrywings geld of boete te betaal.
  12. Dames en Kinders Mag in ope klasse (d.w.s enige klasse wat nie gespesifiseer word as dame of kind 0/18 jaar) hingste vertoon.
  13. 4-Span: Kan gemeng wees (Hings, Merries, Reuns + 1 Jnr mag gebruik word sonder om sy Junior Status te verloor.)  Indien die Spanne gemeng is, sal hulle saam in die Hings/Reun klasse kompeteer. (Spanne wat uit Merries alleen bestaan, sal in die Merrie Klasse deelneem.)
  14. 8-Span: Kan Gemeng wees (Hings, Merrie, Reuns, en Juniors) indien spanne gemeng is, sal hulle saam in die Hings Reun Klasse kompeteer. (Spanne wat uit Merries alleen bestaan sal in die Merrie Klasse deelneem.
  15. Geen kruis-inskywings word toegelaat nie. Indien ‘n perd in die enkeltuig klas ingeskryf word, sal die perd vir die res van daardie betrokke skou gesien word as enkeltuig en mag die perd nie in die siertuig deelneem nie. Op ‘n volgende skou mag die perd wel verander na siertuig toe, maar sal dan vir daardie skou slegs aan siertuig klasse mag deelneem.
     

8.SKOUKLASSE
 

 Die volgende klasse word op kampioenskapskoue aangebied:
 

1. HANDKLASSE

SA Vlaam Hingsvul onder 12mnde.

SA Vlaam Hings 1jr en onder 2jr

SA Vlaam Hings 2jr en onder 3jr

SA Vlaan Hings 3jr en onder 5jr

SA Vlaam Hings (Jnr Kamp. & Res.)

SA Vlaam Hings 5jr. en oor (Snr. Kamp. & Res.)

SA Vlaam Merrievul onder 12mnde.

SA Vlaam Merrie 1jr en onder 2 jr.

SA Vlaam Merrie 2jr en onder 3jr

SA Vlaam Merrie 3jr en onder 5jr.

SA Vlaam Merrie (Jnr. Kamp. & Res.)

SA Vlaam Merrie 5jr en oor (Snr Kamp & Res.)
 

2. SIERTUIG

SA Vlaam Siertuig onder 3jr H/M/R

SA Vlaam Siertuig H/R 3jr/onder 5jr

SA Vlaam Siertuig M 3jr/onder 5jr

SA Vlaam Siertuig H/M/R Jnr (Kampioen en Res Kamp)

SA Vlaam Siertuig H/R Snr

SA Vlaam Siertuig Merrie Snr

SA Vlaam Groot Kampioen Siertuig H/R/M

SA Vlaam Siertuig gedryf deur kind 12 jaar en onder - geen hingste

SA Vlaam Siertuig gedryf deur ‘n kind 18 jaar en onder – geen hingste

SA Vlaam Dames Siertuig - Geen Hingste
 

3. ENKELTUIG

SA Vlaam Enkeltuig onder 3jr H/M/R

SA Vlaam Enkeltuig H/R 3jr onder 5jr

SA Vlaam Enkeltuig M3jr en onder 5jr

SA Vlaam Enkeltuig H/M/R Jnr (Kampioen en Res Kamp)

SA Vlaam Enkeltuig H/R Snr

SA Vlaam Enkeltuig Merrie Snr

SA Vlaam Groot Kampioen Enkeltuig H/R/M
 

4. DUBBELTUIG

SA Vlaam Paar Koetsperde

SA Vlaam Dubbeltuig Merries bo 15 Hand

SA Vlaam Dubbeltuig Merries tot 15 Hand

SA Vlaam Dubbeltuig H/R tot 15 hand

SA Vlaam Dubbeltuig H/R bo 15 hand

SA Vlaam Groot Kampioen Dubbeltuig H/R/M

SA Vlaam Dubbeltuig H/M/R onder 3 jr

SA Vlaam Dubbeltuig H/M/R 3jr/onder 5jr

SA Vlaam Dubbeltuig (Jnr. Kamp & Res)

SA Vlaam Dubbeltuig vertoon deur ‘n kind 18 jaar en onder

SA Vlaam Dubbeltuig Dames
 

5. VIERSPAN

SA Vlaam Vierspan H/M/R (Jnr Kamp. & Res.)

SA Vlaam vierspan Merries Snr

SA Vlaam H/R vierspan Snr   

SA Vlaam Vierspan   H/R/M (Groot Kamp. & Res.)
 

6.  TANDEM

SA Vlaam Junior Kampioen Tandem onder 5jr H/M/R

SA Vlaam Senior Kampioen Tandem bo 5jr
 

7. Wa-SPAN VAN 8

SA Vlaam Wa-Span van 8 Merries

SA Vlaam Wa-span van 8 H/R

SA Vlaam Groot Kampioen Wa-Span (Kampioen en Res.)
 

8. RYPERD

SA Vlaam Stap-Draf Ryperd vertoon deur ‘n kind 12 jaar en onder

SA Vlaam Stap-Draf Ryperd vertoon deur ‘n kind 18 jaar en onder

DA Vlaam Stap-Draf Ryperd

SA Vlaam 3gang Ryperd vertoon deur ‘n kind 18 jaar en onder

SA Vlaam 3gang Ryperd

 


RELEVANTE DOKUMENTE:
# Naam Beskrywing
1. SA Vlaamperd Skou Reëls Laai die reëls in Docx. formaat af (Hersien: 2023)

Links kliek op die document naam om oop te maak of Regs Kliek op die dokument naam en kies Save Target as... om die document af te laai.

© Suid Afrikaanse Vlaamperdtelersgenootskap. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Suid Afrikaanse Vlaamperdtelersgenootskap.