SA Vlaamperdtelersgenootskap Jaarverslag

SA Vlaamperd Jaarverslae

Jaarverslag 2020 - 2021

Ons Kampioenskappe op Moorreesburg 2019 was ten spyte van die ongure en koue weer ‘n baie groot sukses.   Daar was heelwat  minder perde  (ongeveer 90) maar hul was  steeds van ‘n hoë  standaard.    Die prys vir die vul onder een jaar, het gegaan aan Stèphan Basson met

Marlon Brando  Baie hartlik geluk met so ‘n prag vul .

Die Nasionale Kampioenskappe het drie  wa-spanne gehad, nl Hoffie van Blerk,  wat die Kampioenskap gewen het, Martin, en die

Mostert Broers.  Ons dank aan Annalie, Sarike en Herman wat die rosette, baniere en lekkerpakkies vir die kinders hanteer het.

Die Vlame se harte is seer met die verlies van Japie Hagen se heengaan 15 Oktober 2020.  Japie sal lank onthou word vir sy  liefde vir die Vlaamperde, sy deelname aan die skoue, die lekker kok wat so graag en lekker kos gemaak het en sy humorsin wat ons laat skater het langs die vure en in die tent.

Lutzville 2019 het ‘n baie goeie skou aangebied en ons het baie goeie terugvoering gekry.  Ses en vyftig  Vlaamperde is geskou. 

Daar was 2 wa-spanne, Martin wat gewen het,en  die Mostert Broers.

Marietjie Smit ons dank jou vir n lekker skou.

Op Malmesbury 2019 se skou het twee wa-spanne deelgeneem, Herman en Hoffie.  Hoffie het gewen.

Ons dank aan Stèphan en die skoubestuur vir ‘n goeie skou.

Op Robertson skou 2019 was die Vlame ook verteenwoordig.   Alhoewel

min perde geskou is, was dit ‘n goeie skou waar ons perde baie goed vertoon het. Op Robertsonskou was daar twee wa-spanne, die

van Martin Eksteen die vroue-span onder Bettie Uys wat gewen het, eerste keer dat ‘n vroue span wen.

Dankie Schalk  vir ‘n lekker skou.

Heidelberg 2020 het vanjaar ‘n baie goeie skou gehad  die drie wa-spanne twee van Martin en Jurie het deelgeneem.   Martin se span was die wenner.  Dank aan Hans-Jurie  vir ‘n lekker skou.

Swellendam 2020 is ‘n skou wat oorloop van gasvryheid, etes en pragtige skoon skougronde en ablusieblokke.  Ons het drie  wa-spanne daar gehad : Hoffie die wenner, Martin  asook Jurie Uys,    Die skou was goed verteenwoordig en ons dank gaan aan  Hermie, Tracy  en die skoubestuur vir al julle moeite.

 

Dank  aan die volgende persone: 

 * Die lede wat skenkings gemaak het:   Hoffie  wat die skape geskenk het  Herman, Jurie, Piet , Paultjie, Japie, Schalk en dan ons regtehande, al die vrouens wat saans so lekker bykosse gemaak het by die hoofgereg, sonder sulke regtehande kan ons nie asook hulle skenkings.

* Indien ons iemand uitgelaat het, baie dankie. Die etes was heerlik en gesellig om die braaivleis vure saans en  Hendrik wat die lekker hoenderpot gemaak het in die groot pot van Herman en met ‘n graaf moes omroer, julle het voorwaar die aand gesellig gemaak en ons laat skater van die lag, ten spyte van die koue weer en waar ons almal amper binne in die vuur wou sit.   Hendrik en Herman wees verseker julle sal lank onthou word.

 *Spesiale dank aan die besture van die skoue  waar ons deelgeneem het vir jul samewerking en opofferinge.   Daar is ‘n goeie verhouding  tussen die genootskap, die onderskeie  skoubesture en die beoordeelaars. 

By al die skoue word met lof gepraat van ons Vlaamperde,  die netjiese  kleredrag  en die groot verskil wat dit by skoue maak. 

Die Vlaamperd het 2019 jaar sy stempel afgedruk op die volgende skoue:  Moorreesburg, Malmesbury, Robertson, Villiersdorp, Loeriesfontein en Springbok waar die Mostert Broers ‘n Vlaamskou aangebied het.  Jaar 2020 Heidelberg en Swellendam.

Ten slotte, nog ‘n paar dankies vir die jaar.    Aan die Raad en sy  lede; dankie vir julle ondersteuning en bydraes  die afgelope  jaar.    Dit was vir my ‘n voorreg om saam met julle te werk.    Ons kan met trots terugkyk op ‘n geseënde  jaar.    Aan  Japie van der Westhuizen  en sy personeel by Stamboek, nogmaals dankie vir jul bydrae.  Baie dankie  ook aan ons dank aan ons boekhouers, Bester en Vennote.

Alle eer en dank aan ons Hemelse Vader vir hierdie pragperde wat Hy in ons sorg en verantwoordelikheid geplaas het.  Mag Hy gee dat ons lede  sal sorg vir die voortbestaan en welstand van hierdie ras, dat die perde altyd vooropgestel sal word en dat ons sal voortbou op die promosie soos in 2019.

 

Jaarverslag 2019

Die Vlame het weer ‘n baie goeie jaar beleef. Ons Kampioenskappe op Moorreesburg  was ten spyte van die ongure weer ‘n baie groot sukses.   Daar was heelwat  minder perde  (ongeveer 100) maar hul was  steeds van ‘n hoë  standaard.    Die prys vir die vul onder een jaar, het gegaan aan Oubaas Lesch  met  Klipfontein  Alta.   Baie hartlik geluk met so ‘n prag vul .

Die Nasionale Kampioenskappe het vier  wa-spanne gehad, nl Jurie Uys,  wat die Kampioenskap gewen het, Martin, Hoffie  en die      Mostert Broers.  Ons dank aan Annalie, Sarike en Herman wat die rosette, baniere en lekkerpakkies vir die kinders hanteer het.

Sterkte aan oom Kerneels met die heengaan van Tannie Marie.  Annalie het ons groot laat skrik verlede jaar.   Alle eer aan die Here, sy het goed herstel.  Annalie ons is bly jy is weer terug in ons midde.  Ons vertrou ook dat dit met julle seun Schalk goed sal gaan en dat hy spoedig sal herstel. Ons is bly Izak Vollgraaff se knievervanging was ‘n groot sukses. Ons dink aan Willem Agenbag wat besig is om te herstel na ‘n siekbed, en wens hom ‘n spoedige herstel toe.

Lutzville het ‘n baie goeie skou aangebied en ons het baie goeie terugvoering gekry.  Ses en vyftig  Vlaamperde is geskou. Daar was 3 wa-spanne, Boeta wat gewen het, Martin en Mostert Broers. Marietjie Smit ons dank jou vir n lekker skou.

Op Malmesbury se skou het twee wa-spanne deelgeneem, Herman en Hoffie.  Hoffie het gewen. Ons dank aan Stèphan en die skoubestuur vir ‘n goeie skou.

Op Robertson skou was die Vlame ook verteenwoordig.   Alhoewel min perde geskou is, was dit ‘n goeie skou waar ons perde baie goed vertoon het.  Dankie Schalk  vir ‘n lekker skou.

Heidelberg het vanjaar ‘n baie goeie skou gehad  die twee wa-spanne van Martin en Jurie het deelgeneem.   Martin se span was die wenner.  Dank aan Hans-Jurie  vir ‘n lekker skou.


Swellendam is ‘n skou wat oorloop van gasvryheid, etes en pragtige skoon skougronde en ablusieblokke.  Ons het drie  wa-spanne daar gehad : Martin, Hoffie asook Jurie Uys.  Die skou was goed verteenwoordig en ons dank gaan aan  Hermie, Tracy  en die skoubestuur vir al julle moeite.

Op 11 April het ons ‘n uitstekende Streekskou te Clanwilliam gehad, met 79 perde wat deelgeneem het. Die kampioenskappe was van topgehalte en die perde het die toeskouers vasgenael laat sit met hulle vertonings.

‘n Baie goeie gees asook hul gasvryheid  het bygedra tot die sukses.  Die klasse was goed verteenwoordig met perde en  vier wa-spanne van Mostert Broers, Martin, Hoffie en Piet en Paultjie.   Martin het die wa-span gewen.   ‘n Spesial  dank aan Bertus en Zena  wat gesorg het dat alles glad verloop en soveel moeite vir die Vlame gedoen  het.   Dankie dat ons kon deel in so ‘n goeie Streekskou.

Dank  aan die volgende persone:  

  •  Die lede wat vir die tent gesorg het:   Oubaas  en Jurie wat die skape geskenk het asook ander skenkers  Herman, Jurie, Piet Lourens, Paultjie,  Japie, Hoffie, Alecia, Adelè, Annalie, Sarike, Mari en Martin.
  • ‘n Spesiale dank aan Mia en haar Ma wat so fluks skottelgoed gewas het.  Dit het nie ongesiens verbygegaan nie.
  • Indien ons iemand uitgelaat het, baie dankie. Die etes was heerlik en gesellig om die braaivleis vure saans. 
  •  Spesiale dank aan die besture van die skoue  waar ons deelgeneem het vir jul samewerking en opofferinge.   Daar is ‘n goeie verhouding  tussen die genootskap, die onderskeie  skoubesture en die beoordeelaars.  

By al die skoue word met lof gepraat van ons Vlaamperde,  die netjiese  kleredrag  en die groot verskil wat dit by skoue maak.  
Die Vlaamperd het hierdie jaar sy stempel afgedruk op die volgende skoue:  Heidelberg, Victoria-Wes,  Williston, Swellendam, Clanwilliam, Lutzville, Porterville, Moorreesburg, Malmesbury, Robertson, Villiersdorp, Loeriesfontein en Springbok waar die Mostert Broers ‘n Vlaamskou aangebied het.


Ten slotte, nog ‘n paar dankies vir die jaar.    Aan die Raad en sy  lede; dankie vir julle ondersteuning en bydraes  die afgelope  jaar.    Dit was vir my ‘n voorreg om saam met julle te werk.    Ons kan met trots terugkyk op ‘n geseënde  jaar.    Aan  Japie van der Westhuizen  en sy personeel by Stamboek, nogmaals dankie vir jul bydrae.  Baie dankie  ook aan ons dank aan ons boekhouers, Bester en Vennote.

Alle eer en dank aan ons Hemelse Vader vir hierdie pragperde wat Hy in ons sorg en verantwoordelikheid geplaas het.  Mag Hy gee dat ons lede  sal sorg vir die voortbestaan en welstand van hierdie ras, dat die perde altyd vooropgestel sal word en dat ons sal voortbou op die promosie soos in 2018.

 


Jaarverslag 2018

Die Vlame het ‘n baie uitstekende jaar beleef. Ons Kampioenskappe op Moorreesburg, was ‘n baie groot sukses. ‘n Spesiale dank aan die skoupersoneel vir die kragopwekker wat gesorg het, dat daar voortdurend krag was. Daar was ongeveer 120 perde. Die perde was van hoë gehalte en standaard. Die prys vir die vul, onder een jaar, het gegaan aan Berlyn van Oubaas Lesch. Baie Hartlik geluk met so ‘n prag vul . Die Nasionale Kampioenskappe is ‘n bewys van goeie samewerking en vooruitgang van die ras. Die wa-spanne was Hoffie van Blerk, wat die Kampioenskap gewen het, Martin, Herman, Jurie en Boeta Smit. Die kampioenskap was ‘n groot sukses. Ons dank aan Herman Burger wat met die stalle gehelp het en Annalie en Sarike wat die Rosette en Baniere hanteer het.

Dit was met leedwese dat ons afskeid geneem het van twee broers Johan Kleynhans en Doors Kleynshans asook Piet Serdyn. Johan het op die Raad gedien, was ‘n keurder en het baie kere as beoordeelaar opgetree. Johan ons eer jou nagedagtenis.

Die stigting van die SA Vlaamperdtelersgenootskap, verseker die Vlaamperd voortbestaan en dit is te danke aan Piet Serdyn een van die Stigterslede van die Genootskap en 21 jaar Voorsitter daarvan. Die Genootskap is in 1983 gestig en die Vlame het sedertdien gegroei as ‘n ras, veral in die Wes-Kaap, waar die skoue heeltemal oorheers. Piet Serdyn was vroeër altyd op die skoubaan met sy perde en “wit keppie,” so sal ons hom onthou. Later was hy langs die baan om sy liefde vir die Vlame uit te leef. Piet, “ Mag die nageslag voortbou op jou erfenis.” Ons eer jou nagedagtenis.

Ons dink aan die volgende persone wat seergekry het in ongelukke. Julia ons hoop jy sterk goed aan en ons sien jou een van die dae weer op die baan. Stefan Snr. ons is bly jy het goed herstel, maar ons hoop en vertrou dat Delia se been gou sal herstel.

Boetes: Oubaas Lesch het R500 betaal vir sy afrigter, Jacques Wiggins, wat met ‘n blouhemp in die Kampioenskap gery het en Martin om die vullens op sy naam geregistreer te kry. Lutzville was ‘n baie goeie skou en ons het baie goeie terugvoering gekry. Marietjie Smit, dankie vir jou lekker skou.

Op Malmesbury se skou het twee wa-spanne deelgeneem, Herman en Hoffie. Ons dank aan Stèphan en die skoubestuur vir ‘n goeie skou. Heidelberg het vanjaar ‘n baie goeie skou gehad en is ook beloon met twee wa-spanne van Martin en Jurie. Dank aan Hans-Jurie vir ‘n lekker skou. Swellendam is ‘n skou wat oorloop van gasvryheid, etes en pragtige skoon skougronde met ablusieblokke. Ons het drie wa-spanne daar gehad van Martin, Hoffie asook Jurie Uys. Die skou is goed verteenwoordig en ons dank aan die skoubestuur vir al hulle moeite.

Op 11 April 2018 het ons ‘n beoordeelaarskursus op Clanwilliam aangebied. Dit was ‘n reuse sukses en ons dank gaan aan Hugo Visser en Heinie Nieuwoudt wat die kursus aangebied het, asook aan die Mostert familie en almal wat die kursus geborg het. Die saal het baie mooi gelyk met die groot baniere en die tafels met die wyn, water en glase met die embleem van die Vlame. Baie dankie, Sarike, Annalie en Herman wat die kursus boekies laat druk het en almal wat gehelp het om dit ‘n sukses te maak. Spesiale dank ook aan Eduard Mostert wat met die voorstel gekom het om die beoordeelaarskursus aan te bied. Ons dank aan die aspirant beoordeelaars wat dit bygewoon het en hulle tevredenheid uitgespreek het met die kursus. Daar was 29 besoekers en 21 kandidate wat die eksamen afgelê en geslaag het.

Clanwiliam het ‘n baie goeie Streekskou gehad met 70 perde wat deelgeneem het. ‘n Baie goeie gees asook hul gasvryheid het bygedra tot die sukses. Die klasse was goed verteenwoordig met perde en drie wa-spanne van Mostert Broers, Martin en Hoffie . ‘n Spesial Dank aan Heinie wat gesorg het vir ‘n nuwe baan en baie moeite vir die Vlame gedoen het asook aan Bertus van der Merwe dat ons kon deel wees van so ‘n goeie en lekker skou.

Dank aan die volgende persone:

  • Ons borge, asook Job Steenkamp.
  • Die lede wat vir die tent gesorg het, soos Martin en Jurie wat die skape geskenk het asook ander skenkers Herman, Jurie, Piet Lourens, Paultjie, Japie, en Hoffie.
  • Stiaan vir ‘n heerlike ete, Saterdagaand,van gebakte vis en skyfies.
  • Julia vir die lekker brode wat sy gebak het.
  • Indien ons iemand uitgelaat het, baie dankie. Die etes was heerlik en gesellig om die braaivleis vure saans.

Laaste maar nie die minste nie: aan al die lede wat die Kampioenskappe en die Beoordeelaarkursus so ‘n groot sukses help maak het, sê Martin: “baie, baie dankie”

Baie dankie aan die besture van die skoue waaraan ons deelgeneem het vir jul samewerking. Daar is ‘n goeie verhouding tussen die genootskap, die onderskeie skoubesture en die beoordeelaars. Spesiale dank aan hulle, vir al die opofferings.

By al die skoue word met lof gepraat van ons Vlaamperde en die netjiese kleredrag en die groot verskil wat dit by skoue maak. Die Vlaamperd het hierdie jaar sy stempel afgedruk op die volgende skoue: Heidelberg, Williston, Swellendam, Clanwilliam, Lutzville, Porterville, Moorreesburg, Malmesbury, Villiersdorp, Loeriesfontein en Upington waar die Mostert-broers ons Vlame verteenwoordig het.

Ten slotte, nog ‘n paar dankies vir die jaar. Aan die Raad en sy lede, dankie vir julle ondersteuning en bydraes vir die afgelope vier jaar wat ek President was. Dit was vir my ‘n voorreg om saam met julle te werk. Ons kan met trots terugkyk op ‘n geseënde jaar. Aan Japie van der Westhuizen en sy personeel, by Stamboek, nogmaals dankie vir jul bydrae, asook ons Boekhouers, Bester en Vennote.

Alle eer en dank aan ons Hemelse Vader vir hierdie pragperde wat Hy in ons sorg en verantwoordelikheid geplaas het. Mag Hy gee dat ons lede sal sorg vir die voortbestaan en welstand van hierdie ras en dat die perde altyd vooropgestel sal word en dat ons sal voortbou op die promosie soos in 2017.

 


SA Vlaamperd Jaarverslag 2017

Die Vlame het ‘n ongelooflike  geseënde  jaar beleef. Ons Kampioenskappe op Moorreesburg  was,‘n baie groot sukses.  Daar was 134  Vlaamperdinskrywings.  Die perde was van hoë gehalte, en die jong vul van onder een jaar het gegaan aan Herman Burger.  Baie hartlik geluk met so ‘n prag vul.

Die Nasionale Kampioenskappe is ‘n bewys van goeie samewerking en vooruitgang van die ras. Daar was tot 22 ryperde in een klas  asook 9 pare perde en 6 wa-spanne.  Die wa-spanne was Hoffie, wat die Kampioenskap gewen het, Martin, Herman, Johan, Karen Woermann asook Boeta.

Vanjaar het ons selfs die Media bereik deur Kwêla te kry om ons op te neem en geluk aan ons  “celebs”:  Martin, die President, het hom goed van sy taak gekwyt om vir Andrè Weideman in te lig oor ons  Vlaamperdtelersgenootskap, Herman Burger het met behulp van sy vul van die jaar, ‘Pretty Belinda’, ‘n mooi verduideliking gegee oor die bou van die perde, Job Steenkamp het die verskillende klasse  verduidelik en Randi (wenner van die Dames Siertuig klas), het die eer aan ons Hemelse Vader gegee  vir ons pragperde en ook haar dank betuig aan al die hulp en bystand met die afrigting en inspan van die perde.  Aan al die ander lede wat betrokke was met die Kwela aangeleentheid, kan ons net ons dank uitspreek vir die positiewe  beeld wat hulle uitgestraal om die beeld van die genootskap uit te dra.

Die Woermann’s se agspan het ook die Landbouweekblad gehaal en Piet Serdyn het ‘n mooi berig bygesit oor die Vlame.  Gelukgewensings het van heinde en verre gekom.

‘n Spesiale dank en opregte waardering aan Herman en sy gesin vir al hulle moeite.    

Dank  aan die volgende persone: 

  • Ons borge asook Job Steenkamp. 
  • Die lede wat vir die tent gesorg het soos Martin, Hendrik en Eduard Mostert, Herman, Jurie, Piet Lourens, Paultjie, Simon Davison, Japie, Stiaan en Hoffie.
  • Ona vir die heerlike beskuit.
  • Julia vir die lekker brode wat sy gebak het.
  • Indien ons iemand uitgelaat het, baie dankie. Die etes was heerlik om die braaivleis vure saans.

Laaste maar nie die minste nie, aan al die lede wat die Kampioenskappe so ‘n groot sukses help maak het, sê Martin:  “baie, baie dankie”

Hendrik Mostert en Herman Burger is deur Stamboek aangewys om die Ouerverifikasie toets te laat doen op twee vullens, wat hul  geslaag het!   Baie geluk Hendrik en Herman, jul hou ons Vlaamperdnaam hoog.

Lutzville, was ‘n baie goeie skou en ons het baie goeie terugvoering gekry.

Rika, dankie vir jou insette.

Op Malmesbury se skou het een wa-span deelgeneem,  naamlik Hoffie.

Heidelberg het vanjaar  ‘n baie goeie skou gehad en is ook beloon met twee wa-spanne van Martin en Hoffie.   Dank aan Hans-Jurie  vir ‘n lekker skou.

Swellendam is ‘n skou wat oorloop van gasvryheid, etes en pragtige skoon skougronde met ablusieblokke.  Ons het twee  wa-spanne daar gehad van Martin en  Hoffie   Die skou is goed verteenwoordig en ons dank aan die skoubestuur, vir al hulle moeite.

Hoffie is met R500,00 beboet vir ‘n kruisinskrywing, wat betaal is deur Bettie Uys en Stephan Basson met R500,00 vir die skou van ‘n senior merrie as ‘n junior op die SA’s 2015.

Clanwiliam, het ‘n Streekskou  gehad vir die Vlame.  (87perde teenwoordig)  ‘n Baie goeie gees en  gasvryheid het tot die sukses bygedra in onuithoudbare hitte.    Die klasse is goed verteenwoordig met perde en  twee wa-spanne van Hoffie en Martin.  Dankie Heinie vir al jou moeite, jy het so baie teenspoed gekry met die stalle, maar tog het ons lekker daar geskou.  Dankie dat ons kon deel wees daarvan.

Baie dankie aan al die skoubesture  waar ons deelgeneem het en wat gehoor gegee het aan ons vereistes, ons waardeer dit baie.  Daar is goeie samewerking tussen die genootskap, die verskillende skoubesture en die beoordeelaars.  Spesiale dank vir hulle opofferings.

Marlize Louw:  Baie hartlik geluk met jou bevordering  tot Junior beoordeelaar.

Ten slotte, net 'n paar dankies vir die jaar.  Aan die Raad en sy  lede, dankie vir julle ondersteuning en bydraes. ‘n Spesiale dank aan Sarike Burger vir haar hulp en ondersteuning, dit word waardeer. Ons kan met trots terugkyk op ‘n baie goeie geseënde  jaar en ‘n jaar wat lank onthou sal word.

Aan Dr. van Rooyen en sy personeel, veral Lettie Kruger  by Stamboek, nogmaals dankie vir jul bydrae, asook ons Boekhouers, Bester en Vennote.

Alle eer en dank aan ons Hemelse Vader vir hierdie pragperde wat Hy in ons sorg en verantwoordelikheid geplaas het.  Mag Hy gee dat ons lede  sal sorg vir die voortbestaan en welstand van hierdie ras, dat die perde altyd vooropgestel sal word en dat ons sal voortbou, op die promosie soos in 2016.

 


SA Vlaamperd Jaarverslag 2016

Die Vlame het  weer ‘n uitstekende jaar beleef.   Ons Kampioenskappe op Moorreesburg,  was ‘n baie groot sukses.  Daar was ongeveer 90 perde.  Die perde was van hoë gehalte en standaard, en die jong vul van onder een jaar het gegaan aan Jurie Uys, Baie Hartlik geluk met so ‘n prag vul.

Die Nasionale Kampioenskappe is ‘n bewys van goeie samewerking en vooruitgang van die ras, waar daar tot 14 ryperde in een klas was, asook 11 paar perde en ses wa-spanne.  Die wa-spanne was Boeta en seuns, wat die Kampioenskap gewen het, Martin, Herman, Johan, Karen Woermann asook Hoffie.

Die kampioenskap was ‘n groot sukses. ‘n Spesiale dank aan Herman en sy gesin vir al hulle moeite, dit word opreg waardeer.  Dankie  aan al ons borge, en laaste maar nie die minste nie, aan al die lede wat die Kampioenskappe so ‘n groot sukses help maak het, mag ons dit vanjaar na beter hoogtes lei asook Pieter en Melanie wat die perde vir ons gesteekproef het.

Lutzville, was ‘n baie goeie skou en ons het baie goeie terugvoering gekry. Rika, dankie vir jou insette.

Op Malmesbury se skou het twee wa-spanne deelgeneem, Martin en Hoffie.

Heidelberg het vanjaar  ‘n baie goeie skou gehad , en is ook beloon met twee wa-spanne van Martin en Johan.   Dank aan Hans-Jurie  vir ‘n lekker skou.

Swellendam is ‘n skou wat oorloop van gasvryheid, etes en pragtige skoon skougronde met ablusieblokke.  Ons het drie  wa-spanne daar gehad van Martin, Hoffie asook Karen Woermann.  Die skou is goed verteenwoordig en ons dank aan die skoubestuur, vir al hulle moeite.

Clanwiliam, het sy beste skou in jare gehad en die Vlame het op die hoogste golf gery.  (61 perde teenwoordig)  ‘n Baie goeie gees, gasvryheid en heerlike etes het bygedra tot die sukses.  Die klasse is goed verteenwoordig met perde en  twee wa-spanne van Boeta en Martin.  Dankie Heinie en Paultjie dat ons kon deel wees,  met so ‘n goeie en lekker skou.

Baie dankie aan al die skoubesture  waaraan ons deelgeneem het en wat gehoor gegee het aan ons vereistes, ons waardeer dit baie.  Daar is goeie samewerking tussen die genootskap, die verskillende skoubesture en die beoordeelaars.  Spesiale dank aan hulle, vir hulle opofferings.

Ten slotte, net ‘n paar dankies vir die jaar.    Aan die Raad en sy  lede, dankie vir julle ondersteuning en bydraes  ‘n spesiale dank aan Sarike Burger vir haar hulp en ondersteuning, dit word waardeer.    Ons kan met trots terugkyk op ‘n geseënde  jaar.   Aan  Dr. van Rooyen en sy personeel, veral Lettie Kruger  by Stamboek, nogmaals dankie vir jul bydrae, asook ons Boekhouers, Bester en Vennote.

Alle eer en dank aan ons Hemelse Vader vir hierdie pragperde wat Hy in ons sorg en verantwoordelikheid geplaas het.  Mag Hy gee dat ons lede  sal sorg vir die voortbestaan en welstand van hierdie ras, dat die perde altyd vooropgestel sal word en dat ons sal voortbou, op die promosie soos in 2015.

 


Jaarverslag 2015

Die Vlame het ‘n uitstekende jaar beleef.   Ons Kampioenskappe op Moorreesburg,  was ‘n baie groot sukses.  Daar was ongeveer 90 perde.  Die perde was van hoë gehalte en standaard, om nie te praat van die pragtige jong vullens nie.   ’n Aanduiding dat die Genootskap  met rasse skrede verbeter.   Daar was, vyf wa-spanne, nl.  Herman, Karen Woermann, Koela en Boeta Smit asook Martin en Hoffie. Die kampioenskap was ‘n groot sukses, en ‘n spesiale dank aan Herman en sy gesin vir al hulle moeite, dit word opreg waardeer.  Ook, ons dank aan al ons borge, en laaste maar nie die minste nie, aan al die lede wat die Kampioenskappe so ‘n groot sukses help maak het.

Lutzville, was ‘n goeie skou.  Dank aan Rika vir haar werk.

Porterville, was ‘n aangename skou, alhoewel die weer nie saamspeel wanneer ons daar skou nie.  Daar was twee wa-spanne, die van Karen Woermann en Martin Eksteen het vir die eerste keer sy wa-span ingespan en Bennie en sy helpers het hulle goed van hulle taak gekwyt.

Op Malmesbury se skou het twee wa-spanne deelgeneem, Martin en Hoffie.

Loeriesfontein het sy 60ste bestaansjaar gevier  in Oktober, en dit was baie goed verteenwoordig met ongeveer 60 perde, en die vier wa-spanne van Martin en Marius, Hoffie, Herman, Koela en Boeta Smit.   Dank aan Riaan vir hulle gasvryheid en ‘n suksesvolle skou.

Heidelberg het sy 70ste bestaanjaar gevier, en is ook beloon met twee wa-spanne van Martin en Hoffie.   Dank aan Hans-Jurie  vir ‘n lekker skou.

Swellendam is ‘n skou wat oorloop van gasvryheid, etes en pragtige skoon skougronde met ablusieblokke.  Ons het twee wa-spanne daar gehad en is ook goed verteenwoordig.

Clanwiliam, het sy beste skou jaar in jare gehad, dit was ‘n aangename skou, met goeie gees en met twee wa-spanne van Boeta en Hoffie. Dankie Heinie en Paultjie dat ons kon deel, in jul skou en die verbetering kon waarneem.

Op 11 April 2015 het ons ‘n beoordeelaarskursus te Porterville aangebied.
Dit was ‘n reuse sukses en ons dank gaan aan Hugo Visser en  Braam Lochner, wat die kursus aangebied het, asook aan almal wat die kursus geborg het en gehelp het om dit ‘n sukses te maak. Spesiale dank ook aan Piet Lourens, wat met die voorstel gekom het om ‘n beoordeelaarskursus aan te bied.    Ons innige dank  aan die getal vorige beoordeelaars, wat ons as gaste besoek het, en hulle tevredenheid  uitgespreek het met die kursus.   Daar was 90 besoekers en 24 kandidate wat die eksamen afgelê  en geslaag het.   Ons eerste twee leerlinge, Marlese Louw en Janeez van Wyk het al klaar hulle prakties gedoen op Clanwilliam.

Baie dankie aan al die skoubesture  waaraan ons deelgeneem het en wat gehoor gegee het aan ons vereistes, ons waardeer dit baie.  Daar is goeie samewerking tussen die genootskap, die verskillende skoubesture en die beoordeelaars.  Spesiale dank aan hulle, vir hulle opofferings.

Piet Lourens  is deur Stamboek aangewys om die Ouerverifikasie toets te laat doen op een vul, wat hy  geslaag het!   Baie geluk Piet, jy hou ons Vlaamperdnaam hoog.

Vanjaar, het ons selfs die Media bereik met Hoffie van Blerk se ag-span.   Dankie, dat jy ons Vlame op die voorblad van die Landbou Weekblad kon vertoon, asook vir die artikel waar soveel moontlik oor die Vlaamperdbedryf geskryf is, al het dit oor jou gehandel .  Ons het baie komplimente en terugvoering ontvang.   Spesiale dank aan Tertius Genade, wat dit moontlik gemaak het.

Ten slotte, net ‘n paar dankies vir die jaar.    Aan die Raad en sy  lede, dankie vir julle ondersteuning en bydraes.  Ons kan met trots terugkyk op ‘n geseënde  jaar.   Aan  Dr. van Rooyen en sy personeel, veral Lettie Kruger  by Stamboek, nogmaals dankie vir jul bydrae, asook ons Boekhouers, Bester en Vennote.

Alle eer en dank aan ons Hemelse Vader vir hierdie pragperde wat Hy in ons sorg en verantwoordelikheid geplaas het.  Mag Hy gee dat ons lede  sal sorg vir die voortbestaan en welstand van hierdie ras, dat die perde altyd vooropgestel sal word en dat ons sal voortbou, op die promosie soos in 2014.

 


Jaarverslag 2014

Ons staan alweer aan die einde van 2014.  Soos gewoonlik begin ons jaar met ‘n hoogtepunt-    ons  S.A. Kampioenskappe op Moorreesburg en die Dertigste Bestaansjaarvieringe van die S.A. Vlaamperd ras.   ‘n Uitstekende skou met ongeveer 90 perde van baie hoë gehalte en ‘n hoë standaard word gehandhaaf.   Daar was drie wa-spanne, die span van Hoffie/Marius, Herman en Patat/Jan Nelson.   Ons het die Saterdagmiddag ons Erelidmaatskap Toekenning aan Piet Serdyn oorhandig, waarin hy met ‘n statige koets, gedryf deur Jan Koeglenberg aangekom het in die arena. ( Willem Smith en Kowie Oberholtzer  het ook Erelidmaatkap ontvang, ongelukkig is Kowie, net daarna oorlede)  Hoffie het met die Klawer en Marius met die Random vooruit gery en vir Piet ingewag, waar Marius sy toekenning aan hom oorhandig het, en hom bedank het vir die totstandkoming van die Vlaamperdras en wat hy en sy voorgangers vir die bedryf gedoen het.  Die Kampioenskap was ‘n groot sukses en ‘n spesiale dank aan Herman en sy gesin, dat alles so vlot verloop het.  Ook aan al ons borge Baie dankie, en laaste maar nie die minste nie aan al die lede wat die Kampioenskappe so ‘n groot sukses help maak het.


Soos gewoontlik het ons weer baie lekker geskou die afgelope jaar. Ons het weggespring met Lutzville.  Daarna was dit Porterville, waar almal amper weggespoel het van die  reën, maar die beste probeer maak het van ‘n sleg situasie.    Malmesbury was volgende gevolg deur Villiersdorp, waar die wind en reën ook die skou in die wiele gery het. Die einde Oktober het ons in Loeriesfontein gaan skou en dit was ons laaste skou van 2013.   Februarie het ons Heidelberg en Swellendam geskou, gevolg deur  Clanwilliam  in April en  waar ons met minder perde moes skou weens die perdesiekte wat uitgebreek het in die Wes-Kaap.


Baie dankie aan al die skoubesture  waar ons deelgeneem het.  Daar is goeie samewerking tussen die genootskap, die verskillende skoubesture en die beoordeelaars.  Spesiale dank aan julle, vir julle opofferings.


Boeta Smit is toe deur Stamboek aangewys om die Ouerverifikasie toets te laat doen op drie vullens, wat hy  geslaag het!     Baie Geluk Boeta, jy hou ons Vlaamperdnaam hoog.


Ten slotte net ‘n paar dankies vir die jaar.    Aan die Raad en sy  lede, dankie vir julle ondersteuning en bydraes.     Ons kan met trots terugkyk op n baie suksesvolle jaar.   Vir Dr. van Rooyen en sy personeel by Stamboek, nogmaals dankie vir jul bydrae asook ons Boekhouers, Bester en Vennote.


Alle eer en dank aan ons Hemelse Vader vir hierdie pragperde wat Hy in ons sorg en verantwoordelikheid geplaas het.  Mag Hy Gee dat ons lede  sal sorg vir die voortbestaan en welstand van hierdie ras en dat die perde altyd voorkeur sal geniet. 

 


Jaarverslag 2013

Vriende en lede, ons het weereens aan die einde van nog ‘n Vlaamperd jaar gekom.   ‘n Opwindende jaar waarop ons kan terugkyk en ‘n opwindende een wat voorlê.   Die Genootskap is in 1983 gestig en nou is ons 30 jaar oud.   Wat ‘n mylpaal!!

Ons kan met trots terugkyk op die afgelope 30 jaar.   Kyk net waar het ons begin en waar staan ons vandag!   Eerstens wil ek baie dankie sê vir diegene wat 30 jaar gelede, die kundigheid aan die dag gelê het, om die swart perde van die land oor baie jare Vlaamperde genoem is, in 1983 as ‘n volwaardige ras te laat goedkeur en registreer.   Baie dankie aan hulle wat vandag nog saam met ons is , (Piet Serdyn) en ook aan hulle wat nie meer met ons is nie.   Baie dankie aan ons lede van vandag, wat elke dag help om ons ras uit te bou en die voortbestaan daarvan te verseker.   Die Vlaamperd is een van ons min Suid Afrikaans Geteelde Perderasse en beslis een om op trots te wees.

Ons het nog steeds ‘n ontwikkelende ras en ons  behoort ‘n geslote kudde te wees na 30 jaar, maar ons genepoel is nog te klein om die kuddepoel te sluit.   Ons sal oordeelkundig moet begin teel met die nuwe bloedlyne wat die afgelope jaar ingekom het, om sodoede ‘n groter genepoel te ontwikkel, sodat ons die deure stadig kan begin toetrek.

Die Vlaamperde het hierdie jaar weer op ‘n hele klop skoue hulle stempel afgedruk.    Die volgende skoue was goed deur die Vlame verteenwoordig, Heidelberg, Swellendam, Williston,Clanwilliam, Lutzville, Porterville en Loeriesfontein.   Daar was egter geen streekskoue aangebied nie, die rede daarvoor is die koste daaraan verbonde vir die gashere.  Agri-Expo gee nie meer ekstra geld vir die streekskoue soos in die verlede nie.

Die meeste van die bogenoemde skoue het Trekperd skoue aangebied, waar al die Trekperde saam skou.  Dit werk baie goed, want lekker sterk komperterende klasse word gesien, wat goed is vir die vertoners en die toeskouers.  Baie dankie aan bogenoemde skoue vir julle gasvryheid.   Dit  is ‘n plesier om by julle te skou.  Doen so voort, ons sal julle ondersteun!!

Porterville is vanjaar 150 jaar oud en en ons  wil ‘n beroep op ons lede doen, om hulle te gaan ondersteun met hulle skou.

Ons Nasionale Kampioenskap op Moorreesburg was weer ‘n Groot sukses.    Daar was veertien vertoners met ongeveer  90 Perde en vyf wa-spanne.    Baie dankie, Ian Koch vir jou en jou span vir dit wat julle vir ons Vlaamperde doen.   Dit is ‘n groot eer en ‘n voorreg vir die Genootskap dat ons die afgelope 25 jaar deel van die Swartland Skou  kon wees.   Ons wil ook graag ‘n beroep op Swartland Skou en die Genootskap met sy lede doen om hierdie jaar met die 30 jarige bestaan van die Vlaamperdtelersgenootskap, iets spesiaal vir die Vlaamperde te doen.  Kom ons vat hande en probeer ‘n Vlaam skou hou, wat vir die volgende 30 jaar onthou sal word.

Dan wil ek graag ‘n paar bedankings doen.  Aan my vrou Randi, dankie dat jy my bystaan,  Marina en Hoffie van Blerk baie dankie vir jul onbaatsugtige werk die afgelope agt jaar.       S.A. Stamboek baie dankie vir julle dienste en wat julle vir ons leer.   Ons is bevoorreg om onder julle vlerke te kan sit.   Lettie Kruger vir jou wil ons spesiaal bedank vir wat jy daar vir ons doen,  jy het die leisels stewig in jou hand.   Ons boekhouers Bester en Vennote baie dankie vir julle dienste gelewer.

‘n Baie groot Dankie vir ons borge die afgelope jaar.   Ons weet die ekonomie is nie goed nie, maar julle het nog steed na ons gekyk.   Nogmaals dankie beoordeelaars en beamptes sonder julle kan ons ook nie, dankie vir julle bereidwilligheid om in die skoubane te staan en al ons perde te beoordeel.   Julle kwyt julle goed van julle taak.  Aan die Vlaamperd bestuur baie dankie vir julle bydrae en diens die afgelope jaar.  Dankie aan almal wat ‘n bydrae tot die ontwikkeling en voortbestaan van die Vlaamperd maak.

Aan ons Hemelse Vader, baie dankie vir die voorreg, gawe en talent wat ons het om hierdie diere te kan werk, sonder u leiding kan ons nie.

President
Koela Smit

 

Japie, Ons eer jou nagedagtenis. - Jy sal onthou word vir jou liefde vir die Vlaamperde, hulpvaardigheid, vriendelikheid en kwinkslae om die braai vleisvure.

Japie, Ons eer jou nagedagtenis.

Jy sal onthou word vir jou liefde vir die Vlaamperde, hulpvaardigheid, vriendelikheid en kwinkslae om die braai vleisvure.

 -
 -
 -
 -
Piet Lourens - President 2019

Piet Lourens

President 2019

Martin Eksteen (President) - Op die Kassie in sy onderhoud met Kwêla

Martin Eksteen (President)

Op die Kassie in sy onderhoud met Kwêla

Vul van die Jaar 2016 - Pretty Belinda<br>
Eienaar: Herman  Burger

Vul van die Jaar 2016

Pretty Belinda
Eienaar: Herman Burger

Beoordelaarskursus 11 April 2015 -

Beoordelaarskursus 11 April 2015

Lutzville Skou 2015  -

Lutzville Skou 2015




© Suid Afrikaanse Vlaamperdtelersgenootskap. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of Suid Afrikaanse Vlaamperdtelersgenootskap.